Lefora Free Forum
235 views

Dagboek van 'n Konsertpianis

Page 1
posts 1–2 of 2
regular - founder
58 posts
Al ooit gewonder wat in 'n konsertpianis se kop aangaan tydens 'n uitvoering?
Die Brasiliaans gebore Cristina Ortiz, eerste vrou wat die gesogte Van Cliburn-kompetisie gewen het (in 1969) en eers 32 jaar later deur Olga Kern opgevolg is, hou 'n dagboek op haar webtuiste http://www.cristina.ortiz.name. Dit is verruklike leesstof vir enigeen wat belangstel in klassieke musiek en meer wil leer.
Sy skryf so lekker dat 'n mens voel jy toer saam met haar deur die groot konsertsale van die wêreld. Boonop skroom sy nie om haar griewe te lig oor dirigente wie se aanslag haar nie geval nie (om dit sagkens te stel), klaviere wat nie op standaard is vir uitvoerings nie en mense wat met gehoortoestelle in die gehoor sit wat haar teen die mure uitdryf met hulle ge-zzzz.
Sy woon al jare in Londen, het 'n huis in die suide van Frankryk en ook 'n woonstel in Parys. Haar konsertprogram is propvol gepak en op 58 is daar aan haar geen keer nie.
Ek het in 2005 met haar 'n onderhoud gevoer en sy het laat blyk dat sy baie graag weer in Suid-Afrika sou wou kom optree. Sy was in 1976 hier op uitnodiging van wyle Aubrey Rainier van die destydse TRUK en het 'n wonderlike toer gehad.
Hoe lyk dit? Kan ons haar nie hier kry nie?
__________________
Art is the only thing that can go on mattering after it has stopped hurting - Elizabeth Bowen (1899-1973)
rookie - member
2 posts
Dit sal most most sublime wees!!! Te oordeel aan haar 1970 Chopin BALLADES (al 4!). Sjoe
Page 1
posts 1–2 of 2

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now